Job 22:17-21 Bybel vir Almal (ABA)

17. Hulle het vir God gesê: ‘Gaan weg van ons!’Hulle het gesê: ‘Wat kan die Almagtige aan ons doen?Niks.’

18. Hulle het dit gesê vir Homwat hulle ryk gemaak het.Die mense wat verkeerd doen,dink nie soos ek dink nie.

19. Mense wat reg doen,die onskuldige mense, is blyen hulle lag wanneer hulle siendat God die sondaars straf.

20. Die mense wat reg doen, sê dan:‘Ons vyande is dood,en alles wat hulle gehad het,het verbrand.’

21. Job, jy moet vrede maak met God,dan sal dit weer goed gaan met jou.

Job 22