Job 22:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Elifas van die land Teman het weer gepraat. Hy het gesê:

2. “God kan alles self doen,Hy het nie mense nodig nie,nee, Hy het ook nie slim mense nodig nie.

3. Dink jy die Almagtige moet bly weesomdat jy reg gelewe het?Of dink jy dit het Hom gehelpdat jy nooit verkeerd gedoen het nie?Nee.

4. Job, dink jy dat Hy jou straf omdat jyHom gedien het,dink jy dat Hy wil sê dit is hoekom jy skuldig is?

Job 22