Job 20:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Hy sal alles moet teruggeewat hy gekry het toe hy gewerk het,hy sal dit nie kan gebruik nie.Hy sal koop en verkoop en ryk word,maar hy sal dit nie geniet nie.

19. Want hy het op arm mense getrapen hy het hulle nie gehelp nie.Hy het huise vir homself gevatwat ander mense gebou het.

20. Hy kry nooit genoeg nie,hy wil altyd meer hê.

21. Wanneer hy eet, dan bly daar niks oor nie,en dit is hoekom dit niesal aanhou goed gaan met hom nie.

22. Hy het baie goed,meer as wat hy nodig het,maar dit sal skielik sleg gaanmet hom,hy sal baie swaar kry.

Job 20