Job 20:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Hy het baie goed bymekaargemaak,maar hy sal dit verloor soos koswat ’n mens opbring wanneer hy naar is.God sal dit met hom laat gebeur.

16. Hy sal die gif van ’n slang moet insuig,’n adder se tong sal hom laat sterf.

17. Hy sal niks kan geniet nie,ook nie as daar riviere vol heuningen dikmelk is nie.

18. Hy sal alles moet teruggeewat hy gekry het toe hy gewerk het,hy sal dit nie kan gebruik nie.Hy sal koop en verkoop en ryk word,maar hy sal dit nie geniet nie.

Job 20