Job 20:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Dit was vir hom lekker om verkeerd te doen,hy het dit geniet soos lekker kos

13. wat hy in sy mond hou en stadig insluk.

14. Maar daardie kos sal verander in sy maag,dit sal so bitter word soos ’n slang se gal.

15. Hy het baie goed bymekaargemaak,maar hy sal dit verloor soos koswat ’n mens opbring wanneer hy naar is.God sal dit met hom laat gebeur.

16. Hy sal die gif van ’n slang moet insuig,’n adder se tong sal hom laat sterf.

17. Hy sal niks kan geniet nie,ook nie as daar riviere vol heuningen dikmelk is nie.

Job 20