Job 18:14-17 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hy dink dat hy veilig is in sy tent,maar hy moet daar weggaan,almal is bang vir die plekwaarnatoe hy gaan.

15. Niks bly oor in sy tent nie,mense gooi swael oor sy woonpleken hulle steek dit aan die brand.

16. Hy is soos ’n boomwanneer die boom se wortelsdroog word en sy blare verlep.

17. Niemand sal onthoudat daar so ’n mens was nie,die mense op die straatsal nie sy naam ken nie.

Job 18