Job 18:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:

2. “Hoe lank wil julle aanhou praat?Julle moet eers goed dink en dánmoet julle praat.

3. Hoekom hou Job aan om te maakof ons diere is?En hoekom dink hy dat ons dom is?

4. Job, jy is so kwaad dat jy jouselfwil stukkend skeur.Moet al die mense op die aarde verdwyn?Moet ’n rots wegskuif uit sy pleksodat jy tevrede kan wees?

Job 18