Job 16:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Dit het goed gegaan met my,maar God het my gebreek.Hy het my aan my nek gegrypen op die grond gegooi.Hy het sy pyle na my toe geskiet.

13. Sy pyle vlieg na my toe,dit sny my niere stukkend,Hy hou aan om my galop die grond uit te gooi.

14. Hy val my aan en Hy breek mysoos wanneer vyande’n stad se muur afbreek,hulle breek die een stuk afná die ander stuk.

15. Ek het rouklere aangetrek,ek het nie meer krag nie.

16. Ek het baie gehuil en my oë is rooi,daar is swart kringe om my oë.

17. Ek het nie mense seergemaak nie,ek was altyd eerlik wanneer ek bid.”

18. “Aarde, jy moenie my bloed toemaakwat gevloei het nie,ek sal nie ophou om te skree en te vradat God my moet help nie.

19. Ja, dit gaan sleg met my,maar ek het ’n Getuie in die hemel,die Persoon wat vir my sal getuig,is in die hoë hemel.

Job 16