1. Job het sy vriende geantwoord. Hy het gesê:
2. “Ek het baie gehoor dat mense só praat.Julle kan niks vir my verander nie.
3. Hoekom wil julle nie ophou om dinge te sêwat niks beteken nie?Hoekom hou julle aan om so te praat?
4. As dit met julle gegaan het soos met my,dan kon ek ook soos julle praat.Ek kon dan dinge sê oor julleen ek kon my tong uitsteek vir julle.
5. Ek kon julle bemoedigen vir julle sê dat ek jammer is vir julle.
6. Maar as ek praat, dan sal my pyn nie minder word nie,en as ek ophou praat, dan sal die pynnie weggaan nie.”
7. “Maar nou, o God, U hetmy krag weggeneem,U het my hele huisgesin laat sterf.
8. U het my gegryp,en dit bewys dat U dink ek is skuldig.Ek is maer en baie swak,en mense sal dink dat ek skuldig is.
9. God is kwaad vir my, Hy breek my,Hy byt hard op sy tande teen my,Hy kyk na my soos iemand kyk na ’n vyand.
10. Mense het oor my gesê wat hulle wil,hulle het my gespot en geklap,hulle is almal téén my.
11. God het my gegee vir mensewat verkeerd lewe,Hy laat slegte mensemet my doen wat hulle wil.
12. Dit het goed gegaan met my,maar God het my gebreek.Hy het my aan my nek gegrypen op die grond gegooi.Hy het sy pyle na my toe geskiet.
13. Sy pyle vlieg na my toe,dit sny my niere stukkend,Hy hou aan om my galop die grond uit te gooi.
14. Hy val my aan en Hy breek mysoos wanneer vyande’n stad se muur afbreek,hulle breek die een stuk afná die ander stuk.
15. Ek het rouklere aangetrek,ek het nie meer krag nie.