Job 15:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Elifas van die land Teman het begin praat. Hy het gesê:

2. “’n Man wat wysheid het,moenie nonsens praat nie,sy woorde moenie soos die wind wees nie.

3. Sy antwoord moenie niks beteken nie,hy moenie dinge sê wat niks help nie.

4. Maar jý doen iets wat baie slegter is,jy sal mense laat ophou om vir God te dien,hulle sal nie meer oor Hom wil dink nie.

5. Dit is jou sonde wat jou so laat praaten wat vir jou sê om daardie slim woordete kies.

6. Die dinge wat jy sê, wys dat jy skuldig is,jou eie woorde wys dat jy verkeerd is.

7. Job, dink jy dat jy die eerste mens iswat gebore is?Dink jy dat jy daar was voordat die heuwelsdaar was?

8. Luister jy wanneer Goden sy engele met mekaar praat?Dink jy dit is net jy wat wysheid het?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie?Ons verstaan ook alles wat jy verstaan.

10. Ons kry ons wysheid by die oumense,by mense wat ouer is as jou pa.

Job 15