Job 14:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. Wanneer iemand ’n boom afgekap het,dan kan ’n mens hoop dat die boomweer sal groei en nie sal doodgaan nie.

8. Sy wortels in die grond word oud,dit lyk of hulle droog en dood is,

9. maar wanneer die wortels water kry,dan groei die boom weer,hy kry nuwe takkies.

10. Maar ’n mens word swak, hy sterfen hy is nie meer daar nie.

11. Water raak weg uit die see,en ’n rivier word droog.

12. So sterf ’n mens en hy lewe nie weer nie,hy word nie weer wakker nie,niemand sal hom wakker maak nie,so lank soos wat die hemel daar is.

13. Ek wens dat U my wil wegsteekin die doderyken dat U my daar wil houtotdat U nie meer kwaad is nie.Ek wens dat U wil besluit hoe lankek daar moet blyen dat U dan weer aan my sal dink.

14. Maar kan ’n mens weer lewenadat hy gesterf het?As dit kan gebeur, dan sal ek wagtotdat dit weer goed gaan met my,ek sal aanhou wag terwyl ekswaarkry in hierdie lewe.

15. Dan sal ek roep, en U sal antwoord.U sal graag vir my weer wil sien,vir my wat U gemaak het.

16. Ja, dan sal U kyk hoe ek lewe,maar U sal nie my sonde onthou nie.

17. U sal vergeet dat ek opstandig was,U sal maak of U nie weet dat ekverkeerd gedoen het nie.

Job 14