Job 14:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Maar nee, berge valen hulle breek stukkend,rotse gaan weg uit hulle plek,

19. water vloei oor klippeen skuur dit weg,baie water spoel die grond weg.So laat U die dinge verdwynwat ’n mens graag wil hê.

20. U vat die mens weg vir altyd, en hy gaan,hy lyk nie meer soos hy gelyk het nie,U stuur hom weg.

21. Mense respekteer sy seuns,maar hy weet dit nie.Of mense dink sy seuns is nie belangrik nie,en hy sien dit nie.

22. Hy voel net die pyn in sy liggaamen hy huil en treur oor homself.”

Job 14