Job 14:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Mens, die kind van ’n vrou,lewe nie lank nie,en dit gaan nooit heeltemal goedmet hom nie.

2. Hy is soos ’n blom wat oopgaanen wat dan droog word en verlep,hy is soos ’n skaduwee wat verbykomen nie stilstaan nie.

3. U kyk na so ’n mens,U wil so ’n mens voor die hof bring.

4. Wanneer ’n mens onrein is,dan is hy onrein, niemand kan dit verander nie.

5. Sy tyd om te lewe, is kort,net U weet hoe lank hy sal lewe.U het besluit hoe lank hy sal lewe,en hy sal nie langer leweas daardie tyd nie.

6. U moet wegkyk en U moet die mens lostotdat hy soos ’n dagloner klaar ismet die werk wat hy moet doen.

Job 14