Job 13:20-27 Bybel vir Almal (ABA)

20. “O God, U moet twee dinge nie aan my doen nie,dan sal ek nie probeer om weg te kruip vir U nie.

21. U moenie my nog straf nieen U moenie vir my bangmaak vir U nie.

22. Dan kan U my roep, en ek sal antwoord.Of ek sal eerste praat, dan kan U my antwoord.

23. Sê vir my, hoe baie is my sondes?Sê vir my wat het ek verkeerd gedoen.

24. Hoekom kyk U weg,hoekom dink U dat ek u vyand is?

25. Ek is soos ’n blaarwat afgewaai het van ’n boom,ek is soos droë kaf.Hoekom wil U my bangmaaken hoekom wil U my volg en jaag?

26. Hoekom laat U my so baie swaar kry,hoekom onthou U nog die sondeswat ek gedoen het toe ek jonk was?

27. Dit is soos wanneer U my voetein ’n blok sit,dit is soos wanneer U kyk na elke treewat ek gee.

Job 13