Job 13:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Job het gesê:“Ja, ek het self gesien wat gebeur,ek het dit gehoor en ek het dit verstaan.

2. Ek weet ook die dinge wat julle weet,ek is so slim soos julle.

3. Maar ek wil praat met die Almagtige,ek wil hê dat God moet hoor wat ekvir Hom wil sê.

4. Want júlle hou aan om leuens te vertel,nie een van julle kan dit beter laat gaan met my nie.

5. Dit sal beter wees as julle stilbly,dan sal ’n mens kan dink dat julle wysheid het.

6. Julle moet asseblief luister na wat ek sê,julle moet probeer verstaan wat ek wil sê.

7. Julle mag nie verkeerde dinge sêen dan sê dat julle praat om vir Godte help nie.Julle mag nie leuens vertelen dink dat julle dit vir Hom doen nie.

Job 13