12. Die wysheid kom wanneer jyoud geword het,jy word verstandig ná baie jare.”
13. “Maar dit is die Here wat wysheid heten wat sterk is.Dit is Hý wat weet wat Hy doen.
14. Wanneer Hy afbreek,dan kan niemand bou nie.Wanneer Hy ’n mens toesluit,dan kan niemand oopmaak nie.
15. Wanneer Hy dit nie laat reën nie,dan is dit droog.Wanneer Hy reën stuur,dan verander die aarde.
16. Die Here is sterk,Hy het ware wysheid,Hy regeer oor die mensewat ander mense bedrieg.Hy regeer ook oor die mensevir wie hulle bedrieg.
17. Hy laat raadgewers van konings arm word,Hy laat regeerders dom dinge doen.
18. Hy maak die bande loswaarmee konings mense binden Hy laat konings selfdie klere dra van slawe.
19. Hy laat priesters arm worden Hy laat mense val wat dinkdat hulle sterk is.
20. Hy laat mense stilblywat vir ander mense kan sêwat hulle moet doenen Hy keer sodat leiersnie goed kan dink nie.
21. Hy verneder belangrike menseen Hy keer sodat sterk mensenie goed kan veg nie.
22. Hy laat mense moeilike dinge verstaan,Hy maak lig waar dit donker is.
23. Hy laat volke belangrik worden Hy laat hulle verdwyn,Hy laat volke groot word en Hy besluitwat met hulle sal gebeur.