Job 11:13-17 Bybel vir Almal (ABA)

13. Job, as jy verstandig wil weesen jy steek jou hande uit na God en jy bid,

14. as jy ophou om verkeerd te doenen daar is nooit sonde in jou huis nie,

15. dan sal jy onskuldig wees,jy sal nie skaam wees nie.Jy sal sterk wees en jy sal vir niksbang wees nie.

16. Want jy sal vergeet dat jy swaargekry het,jy sal dink dat dit soos water iswat verbygevloei het.

17. Die lig sal weer skyn in jou lewe,die donker dinge sal verander in lig.

Job 11