Job 11:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Sofar van die land Naäma het begin praat. Hy het gesê:

2. “Jy het baie gepraat,en iemand moet jou antwoord,niemand moet dink dat jy reg wastoe jy dit alles gesê het nie.

3. Ons kan nie stilbly wanneer jyal hierdie dinge sê nie,jy het gespot, en iemand moet wysdat jy verkeerd is.

4. Jy sê jy verstaan dinge reg,jy sê God weetdat jy onskuldig is.

Job 11