11. Die Arameërs het uit die ooste gekomen die Filistyne uit die weste,en hulle het Israel aangeval.Hulle het die land heeltemal verwoes.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
12. Maar die volk het nie teruggekom na die Here toe nie.Die Here wat oor alles regeer, het hulle gestraf,maar hulle wou nie naby Hom wees nie.
13. Die Here het op een dag die kop en die stert uit die volk Israel uitgesny,die palmtak en die biesie.
14. Die leiers en die mense wat naby die koning mag kom,is die kop of die palmtak,en die profete wat leuens vertel,is die stert of die biesie.
15. Die mense wat die volk moes lei,het hulle verkeerd gelei,daarom weet die volk nie waarnatoe hulle moet gaan nie.
16. Dit is hoekom die Herenie meer hou van die jongmense nieen dit is hoekom Hy nie meer jammer isvir die weduwees en weeskinders nie.Hulle is almal sleg en hulle sê dom dinge,hulle praat nie soos die Here wil hê nie.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.