Jesaja 66:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. want Jerusalem is soos ’n vrouwat haar kinders aan haar borstelaat drink en hulleveilig laat voel.Sy sal julle laat drink en laat lewe,want sy is baie sterk.”

12. Ja, die Here sê: “Ek sal kom,Ek sal dit goed laat gaanen al die duur en mooi dingevan die volke vir Jerusalem gee.Dit sal soos ’n vol rivier na die stad kom.Jerusalem sal vir julle weessoos ’n ma wat haar kinders laat drinken hulle draen hulle op haar skoot laat sit.

13. Soos ’n seun veilig voel by sy ma,so sal Ek julle veilig laat voel.Julle sal veilig wees in Jerusalem.

14. Julle sal sien dit gebeur met julleen julle sal bly wees,julle sal nuwe lewe krysoos groen gras.”Almal sal siendie Here is by sy dienaars,maar Hy is kwaad vir sy vyande.

15. Ja, julle moet kyk,die Here sal kom.Hy sal kom,Hy sal sy oorlogkarre bring en Hy sal kom,Hy sal kom in vuur en stormwinde.Hy is kwaad en Hy sal sy vyande strafen hulle brand.

16. Die Here sal kom in vuurom al die mense te straf.Hy sal hulle doodmaak met sy swaard.Hy sal baie mense laat sterf.

17. Die Here sê:“Die mense sal sterf,al die mense wat hulleself reinigen wat gereedmaak om ná mekaar in die tuine te gaan offer,al die mense wat varkvleis eeten akkedisse en muise.

Jesaja 66