Jesaja 65:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Ek wou mense help,mense wat My nie gevra het nie,Ek het mense na My toe gebring,mense wat My nie gesoek het nie.Hulle was mensewat My nie aanbid het nie,maar Ek het vir hulle gesê:‘Hier is Ek, hier is Ek.’

2. Ek het my hande na hulle toeuitgesteek, elke dag,maar hulle was opstandige mense,hulle het ’n pad geloopwat nie goed is nie,hulle het gedoen wat hulle wil.

3. Hulle was mensewat My hartseer gemaak het,hulle was altyd teen My.Hulle het vir afgode offers gebring,hulle het wierook gebrandop plat klippe.

4. Hulle bly in die nag in grafte,hulle kruip daar weg.Hulle eet varkvleis,daar is onrein vleis in hulle borde,

5. maar hulle sê:‘Moenie naby ons kom nie,moenie aan ons raak nie,want ons is gewyd.’Hierdie mense is soos rookin my neus,soos ’n vuur wat die hele dagaanhou brand.

11-12. “Maar julle wat weggegaan hetvan die Here,julle wat my gewyde berg vergeet het,Ek sal julle straf,want julle het offers gebringvir die afgode Gad en Meni,Ek het julle geroep,maar julle het nie geantwoord nie.Ek het gepraat,maar julle het nie geluister nie.Julle het gedoenwat verkeerd is,julle het gekies om dinge te doenwaarvan Ek nie hou nie.Julle sal moet sterf.Julle sal moet knielsodat mense julle kan doodmaak.”

Jesaja 65