1. Die Here sê:“Ek wou mense help,mense wat My nie gevra het nie,Ek het mense na My toe gebring,mense wat My nie gesoek het nie.Hulle was mensewat My nie aanbid het nie,maar Ek het vir hulle gesê:‘Hier is Ek, hier is Ek.’
10. My mense sal vrawat Ek wil hê hulle moet doen,en hulle skape en bokke en beestesal in Saron en in die Akor-valleiwei en genoeg eet.
11-12. “Maar julle wat weggegaan hetvan die Here,julle wat my gewyde berg vergeet het,Ek sal julle straf,want julle het offers gebringvir die afgode Gad en Meni,Ek het julle geroep,maar julle het nie geantwoord nie.Ek het gepraat,maar julle het nie geluister nie.Julle het gedoenwat verkeerd is,julle het gekies om dinge te doenwaarvan Ek nie hou nie.Julle sal moet sterf.Julle sal moet knielsodat mense julle kan doodmaak.”