Jesaja 62:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die Here sal jou vashousoos ’n baie mooi kroon,soos die tulband van ’n koning.

4. Mense het jou en jou land genoem“Die stad waar nie meer mense woon nie,”en “Die land wat verwoes is.”Hulle sal jou nou nie meer so noem nie.Hulle sal jou nou noem“Die stad waarvan die Here hou,”en hulle sal jou land noem“Die land wat aan die Here behoort.”Want die Here hou van jou,en jou land behoort aan Hom.

5. Soos ’n jongman met ’n meisie trou,so sal jou mense sêjy behoort aan hulle.Soos ’n bruidegom bly is oor sy bruid,so sal jou God bly wees oor jou.

6. “Jerusalem, Ek het wagte op jou mure gesit,en hulle moet nooit stilbly nie, elke dag en nag.”Julle wat sê die Here is julle God,julle moenie stilbly nie,

7. julle moet aanhou om vir die Here te vratotdat Hy Jerusalem sterk gemaak het,die stad oor wie almal op die aarde sing.

8. Die Here het sy regter-hand opgelig,sy sterk arm, en Hy het beloweHy sal nie weer Jerusalem se koringvir die vyande gee nie,die vyande sal dit nie eet nie.Mense van ander lande sal nie meerjulle wyn drink nie,die mense van Jerusalem hethard gewerk om daardie wyn te maak.

Jesaja 62