Jesaja 61:2-4 Bybel vir Almal (ABA)

2. Ek moet vir almal sêdit is nou die tyd wanneer die Heregoed sal wees vir ons.Ons God sal sy vyande strafmaar Hy sal dit goed laat gaanmet almal wat nou huil en treur.

3. Hy sal alles verandervir die mense van Sion wat nou treur.Daar is nou as op julle koppe,maar julle sal blomme op julle koppe hê.Julle treur nou,maar julle sal bly weesen julle sal olyf-olie aan julle smeer.Julle voel nou baie hartseer,maar julle sal singen fees-klere aantrek.Ander mense sal sê julle,die mense van Sion,is bome wat regtig issoos die Here wil hêhulle moet wees.Die Here het hulle geplantom Hom te eer.

4. Julle sal die stede weer bou,die stede wat nou net hope klippe is,die plekke wat lank gelede verwoes isen wat baie jare lank so stukkend gelê het.

Jesaja 61