9. Jerusalem, dit is jou seuns wat van ver kom,hulle kom van die ver landelangs die see.Hulle kom met skepe,en hulle bring goud en silwer saam.Hulle kom om jou God die Here te eer,die Heilige God van Israel,en Hy sal vir jou ook eer gee.
10. “Mense van ander lande sal jou mure bou,en hulle konings sal vir jou werk,want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was,maar Ek wil graag weer goed wees vir jou.
11. Jou poorte sal elke dag en nag oop weessodat die duur en mooi dinge van die volkena jou toe kan kom,en sodat die volke hulle koningsna jou toe kan lei.
12. Dit sal sleg gaan met die volkewat jou nie dien nie,die vyande sal hulle lande verwoes,en hulle stede sal hope klippe word.