10. “Mense van ander lande sal jou mure bou,en hulle konings sal vir jou werk,want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was,maar Ek wil graag weer goed wees vir jou.
11. Jou poorte sal elke dag en nag oop weessodat die duur en mooi dinge van die volkena jou toe kan kom,en sodat die volke hulle koningsna jou toe kan lei.
12. Dit sal sleg gaan met die volkewat jou nie dien nie,die vyande sal hulle lande verwoes,en hulle stede sal hope klippe word.
13. Die hout van die beste bome op Libanon-bergsal na jou toe kom,sipreshout, plataanhout en dennehout,en dit sal my tempel mooi maak,Ek sal die plek waar Ek woon, pragtig maak.