18. As julle gedoen hetwat Ek vir julle gesê het,dan sou dit goed gegaan het met julle.Dan sou alles weer reg gewees het.Dit sou gewees het soos ’n rivier wat vloeiof soos die branders van die see.
19. Julle nageslag souso baie gewees het soos sand,en wanneer vyande julle wou doodmaak,dan sou Ek hulle gekeer het.
20. Julle moet uitgaan uit die stad Babel,julle moet vlug.Julle moet juig en hard skree,so hard dat al die mense op die aarde dit hoor.Julle moet sê: ‘Die Here het sy dienaars,die nageslag van Jakob, vrygemaak.
21. Hulle het nie dors gewordtoe hulle deur droë plekke geloop het nie.Die Here het vir hulle water uit ’n rots laat vloei.Hy het die rots oopgebreek,en die water het daaruit gestroom.’
22. Maar dit sal nie goed gaanmet die mense wat verkeerd doen nie.Dit het die Here gesê.”