Jesaja 48:13-16 Bybel vir Almal (ABA)

13. Ek het die aarde op sy plek neergesiten Ek het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent.Ek het gesê die aarde en die hemeldakmoet daar wees, en toe was hulle daar.

14. Nou moet julle almal bymekaarkom en luister.Wie het gesê hierdie dinge sal gebeur?Nie julle gode nie!Ek, die Here, stuur die man van wie Ek hou,hy moet met die stad Babel en sy mensedoen wat Ek wil hê.

15. Dit is Ek wat gepraat het en wat die man geroep het.Ek het gesê hy moet kom,en hy sal kan doen wat hy moet doen.

16. Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê.Ek het dit van die begin af vir julle gesê,Ek was daar toe dit begin gebeur het.”Die Here het my gestuur,Hy het vir my en sy Gees gestuur.

Jesaja 48