Jesaja 44:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. want Ek sal dit laat reënop die droë grond,daar sal strome water vloei.Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuuren Ek sal hulle seën.

4. Hulle sal gebore word en groeisoos die gras en soos die populierbomelangs die riviere.

5. Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’en hulle sal dit op hulle hande skryf.Hulle sal hulleself noem‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’ ”

6. Dit is die Here wat praat,die Koning van Israelwat hulle vrymaak,die Here wat oor alles regeer.Hy sê: “Ek was altyd Goden Ek sal altyd God wees,daar is nie ’n ander God nie.

7. Wie is soos Ek?As daar ’n ander God is,dan moet hy praat.Hy moet vir My sê wat het gebeurvandat Ek lank geledemy volk gemaak het,en Hy moet sê wat nog sal gebeur.

8. Julle moenie skrik nie,julle moenie bang wees nie,Ek het dit lank gelede vir julle gesê,en julle weet Ek is God.Is daar ’n ander God?Nee, daar is nie een nie,nie een wat kan doen wat hy sê nie.Ek weet daar is nie ’n ander God nie.”

9. “Al die mense wat beelde maak,is self niks.Hulle is lief vir die beelde,maar die beelde beteken niks.Hulle sê die beelde is gode,maar hulle sal teleurgesteld wees,want die beelde kan nie sien nieen hulle weet niks.

Jesaja 44