1. “Maar nou moet julle luister, nageslag van Jakob, my dienaars,Israeliete, Ek het julle gekies.”
2. Dit is die Here wat praat,Hy wat vir julle gemaak het,wat vir julle liggame gegee hetvoordat julle gebore is,dit is Hy wat vir julle help.Die Here sê:“Nageslag van Jakob, my dienaars,nageslag van Jesurun,Ek het julle gekies,julle moenie bang wees nie,
3. want Ek sal dit laat reënop die droë grond,daar sal strome water vloei.Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuuren Ek sal hulle seën.
4. Hulle sal gebore word en groeisoos die gras en soos die populierbomelangs die riviere.
5. Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’en hulle sal dit op hulle hande skryf.Hulle sal hulleself noem‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’ ”
6. Dit is die Here wat praat,die Koning van Israelwat hulle vrymaak,die Here wat oor alles regeer.Hy sê: “Ek was altyd Goden Ek sal altyd God wees,daar is nie ’n ander God nie.