18. Dink julle iemand kan soos God wees?Wat kan julle langs Hom sitwat soos Hy sal wees?
19. Dink julle ’n afgodsbeeld is soos die Here?Nee.’n Beeld is iets wat ’n ambagsman maaken met goud oortreken met silwerkettings vasmaak.
20. Of ’n beeld is ietswat ’n ambagsman uit harde hout snyen vas laat staansodat dit nie omval nie.
21. Weet julle nie?Het julle nie gehoor nie?Het niemand dit vir julle vertel nie?Kan julle nie verstaan nie?Dit is God wat die aarde gemaak het!
22. Sy troon isbokant die hemeldak,en die mense op die aardelyk vir Hom soos sprinkane.Dit is God wat die hemeldak styftrek,soos ’n spinnekop se netof soos ’n tent.
23. Hy maak belangrike mense onbelangrik,Hy laat mense wat regeer, soos niks word.
24. Hulle is soos plante:Wanneer hulle nog klein is,dan laat God die warm wind oor hulle waai,en hulle word droogen die stormwind waai hulle wegsoos kaf.
25. Die heilige God vra:“Dink julle daar is iemand soos Ek?Is daar iemand wat soos Ek is?
26. Kyk op.Wie het die sterre gemaaken wie het gesêhoeveel sterre daar moet wees?Wie het vir elke ster ’n naam gegee?Hulle is almal daaromdat Ek die God iswat kan doen wat Ek wil doen.”
27. Nageslag van Jakob,mense van Israel,hoekom sê julle die Here sien niewat met julle gebeur nie?Hoekom sê julledit maak nie vir God saakwanneer mense slegte dingeaan julle doen nie?
28. Weet julle nie,het julle nie gehoor nie?Die Here is God vir altyd,Hy het die hele wêreld gemaak.Hy word nie moeg nieen Hy rus nie,en niemand kan weet hoeveeldie Here weet nie.
29. Die Here maak mense weer sterkwat moeg is.Hy laat mense dinge doenwanneer hulle dit self nie meerkan doen nie.
30. Seuns sal moeg word,jongmanne sal val,
31. maar die mense wat in die Here gloen wat op Hom vertrou,sal nuwe krag kry.Hulle sal vlieg soos arende,hulle sal hardloopen nie moeg word nie,hulle sal aanhou loop, en nie rus nie.