Jesaja 40:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die profeet het gesê:“Julle moet vir my volk sêdit sal nou beter gaan,julle moet sêdit sal beter gaan.”Dit sê julle God.

2. “Julle moet die mensevan Jerusalem bly maak,julle moet vir hulle sêhulle is nou nie meer slawe nie,hulle het klaar swaargekry.Ek het hulle klaar gestrafoor al hulle sondes.”

3. Iemand het geskree:“Julle moet in die woestyn’n pad gereedmaak vir die Here,julle moet die pad gelykmaak vir ons God!

4. Julle moet al die valleietoegooi met gronden julle moet al die berge plat maak,julle moet die heuwels wegvatsodat die grond gelyk is.

5. Dan sal die Here verskynen Hy sal vir almal wys Hy is die Koning.Die Here self het gesêdat Hy dit sal doen.”

6. Iemand het gesê:“Jy moet hard praatsodat almal jou kan hoor.”En ek het gesê: “Wat moet ek sê?Mense is soos gras,ook as hulle mooi en goed is,is hulle soos die veldblomme.

7. Wanneer die Here die wind laat waaioor die gras en die blomme,dan word hulle droog en hulle verlep.Ja, die mense is soos gras.

8. Gras en blomme word droogen verlep,maar die dinge wat ons God sê,sal nooit verander nie.”

9. Mense van Jerusalem,mense van Sion,julle moet die boodskappers weeswat die goeie nuus bring.Julle moet hoog op ’n berg klimen hard skree.Julle moenie bang wees nie,julle moet vir die stede van Juda sê:“Hier kom julle God!

10. Kyk, die Here kom,Hy is die Sterk God,Hy kan doen wat Hy wil doen.Kyk, Hy bring sy mense saam,sy volk is by Hom.

Jesaja 40