Jesaja 39:6-8 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die soldate van Babel sal eendag alles kom vat wat in jou paleis is, alles wat jou voorvaders en jy bymekaargemaak het. Daar sal niks oorbly nie. Dit is wat die Here sê.

7. En hulle sal party van jou eie seuns vat om in die koning van Babel se paleis te werk.”

8. Hiskia het vir Jesaja gesê: “Ek het gehoor wat jy sê. Wat die Here gesê het, is goed.”Hiskia het ook gesê: “Ek hoop ons sal vrede hê en veilig wees so lank soos ek nog lewe.”

Jesaja 39