Jesaja 38:2-9 Bybel vir Almal (ABA)

2. Hiskia het sy gesig na die muur gedraai en hy het tot die Here gebid.

3. Hy het gesê: “Ag, Here, dink asseblief daaraan dat ek gehoorsaam was aan U met my hele hart en dat ek altyd gedoen het wat U wil hê.”Hiskia het hard gehuil.

4. Die Here het met Jesaja gepraat

5. en Hy het gesê Jesaja moet vir Hiskia gaan sê: “Ek, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en Ek het jou trane gesien. Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe.

6. Ek sal jou en hierdie stad red van die koning van Assirië.

7. En dít sal vir jou die teken wees dat Ek sal doen wat Ek gesê het:

8. Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe van die sonwyser van Agas wys dat dit laat is, maar Ek sal die skaduwee tien trappe laat teruggaan.”Die skaduwee het tien trappe teruggegaan en dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is.

9. Koning Hiskia van Juda was siek en hy het weer gesond geword. Hy het toe ’n lied geskryf. Hy het gesê:

Jesaja 38