1. Volke, julle moet almal luister,die aarde en alleswat op die aarde is,moet luister,die wêreld en alleswat uit die wêreld kom,moet luister.
2. Die Here is baie kwaadvir al die volkeen vir al hulle soldate.Hy sal hulle almal laat doodmaak.
3. Hulle soldate sal sterf in oorlog,en die dooie liggame salop die grond lê en stink.Die berge sal vol bloed wees.
4. Al die sterre in die lug sal smelten die hemel sal toerolsoos ’n boekrol.Die sterre sal val soos droë blarevan ’n wingerdstok of ’n vyeboom val.
5. Wanneer die Here in die hemelsy swaard gereedmaakom bloed te laat vloei,dan sal sy swaard die Edomiete doodmaak.Hulle is die mense wat Hy wil straf,Hy wil hulle almal doodmaak.
6. Die Here hou ’n swaard vaswat vol bloed en vet is,die bloed en die vet aan die nierevan skaap-ramme en bok-ramme.Die Here sal baie mense doodmaakin die stad Bosra, in die land Edom.
7. Die leiers van Edom is sterksoos buffels en bulle,maar hulle bloed en hulle vetsal op die grond valen dit sal hulle land natmaak.