Jesaja 33:7-10 Bybel vir Almal (ABA)

7. Luister hoe roep die mensevan Jerusalem.Hulle vra dat die Herehulle moet kom help.Luister hoe huil die boodskapperswat moet sê daar is vrede.

8. Niemand loop op die paaie nie,niemand kom verby nie.Die vyand het sy ooreenkomsmet ons gebreek.Hulle het ons stede maklik oorwin,ons mense kon hulle nie keer nie.

9. Die land treur, alles word droog,die Libanon-berg lyksoos ’n mens wat bleek is,die plante op die berg word droog.Die Saron-vlakte is soos die woestyn.Die bome in die land Basanen op die Karmel-bergse blare val af.

10. Die Here sê: “Ek sal nou opstaanen doen wat Ek wil doen.

Jesaja 33