Jesaja 30:30-33 Bybel vir Almal (ABA)

30. Die Here is kwaad,Hy sal hard praat.Hy maak gereedom die Assiriërs te straf.Daar sal vuur weesen baie harde reën,donderweer en hael.

31. Ja, die Assiriërs sal bewewanneer die Here praat,wanneer Hy beginom hulle te straf.

32. En elke maalwanneer die Here hulle straf,sal julle op die tamboeryneen die liere speel.Die Here sal oorlog maakteen Assirië.

33. Die Here het lank gelededie hout reggepakom ’n vuur te maak.Dit is ’n groot vuurmet baie hout.Die vuur sal die koningvan Assirië verbrand.Die asem van die Here issoos ’n stroom swael,dit sal die vuuraan die brand steek.

Jesaja 30