22. Dan sal julle weetdat die beelde onrein is,die beelde van afgodewat julle oorgetrek het met silwer en goud.Julle sal hulle weggooi soos vuil lappeen julle sal sê:“Ons wil hulle nie weer sien nie!”
23. Die Here sal reën geewanneer julle saad in die grond saai,en die koring sal goed groeiin die grond,die koringkorrels sal gesonden vet wees.Julle skape en bokkesal baie plek hê om te wei.
24. Julle beeste en donkieswat op die koringland werk,sal kos vreetwat julle in water sag gemaak het,kos wat julle met ’n graaf en ’n vurkgemeng het.
25. Op elke hoë berg,elke hoë heuwel,sal daar waterstrome wees.Die Here sal al sy vyande doodmaak.Daardie dag wanneer die toringsin die mure van hulle stede omval,
26. dan sal die lig van die maan helder skynsoos die lig van die son,en die lig van die sonsal sewe maal sterker skyn.Die lig sal so sterk weessoos die lig van sewe dae saam.Dan sal die Heredie seerplekke van sy volk toedraaien Hy sal die kneusplekke gesond maak,die plekke waar Hyhulle geslaan het.
27. Kyk, die Here kom van ver.Hy is baie kwaad.Wanneer Hy praat,dan is dit soos ’n vuur wat brand.
28. Sy asem is soos ’n sterkstroom water, dit is so diepdat dit tot by ’n mens se nek kom.Hy sal die ander volke straf,Hy sal hulle sif met ’n fyn sif,Hy sal vir hulle ’n toom aansiten Hy sal hulle laat verdwaal.
29. Mense van Jerusalem,dan sal julle sing,julle sal sing soos wanneerjulle feesvier in die nag.Julle sal sing soos wanneer julledie fluit speelen na die bergvan die Here gaan,na die Rots van Israel.
30. Die Here is kwaad,Hy sal hard praat.Hy maak gereedom die Assiriërs te straf.Daar sal vuur weesen baie harde reën,donderweer en hael.
31. Ja, die Assiriërs sal bewewanneer die Here praat,wanneer Hy beginom hulle te straf.
32. En elke maalwanneer die Here hulle straf,sal julle op die tamboeryneen die liere speel.Die Here sal oorlog maakteen Assirië.
33. Die Here het lank gelededie hout reggepakom ’n vuur te maak.Dit is ’n groot vuurmet baie hout.Die vuur sal die koningvan Assirië verbrand.Die asem van die Here issoos ’n stroom swael,dit sal die vuuraan die brand steek.