Jesaja 29:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die vyande sal die stad verwoes.Die mense in die stad sal sterf.Hulle sal sag uit die grond praatsoos ’n spook wat fluister.

5. Die wrede mense wat ander menseverdruk het in die stad,sal soos fyn stof word,soos kaf wat wegwaai.Dit sal skielik gebeur,so vinnig soos ’n mens sy oog knip.

6. Dit is die Here wat dit sal doen,die Here wat oor alles regeer.Hy sal die mense in die stad straf.Daar sal donderweer weesen aardbewings.Dit sal raas.Daar sal storms en donderweer wees,en daar sal baie vure wees.

7. Die mense in die stadsal dink hulle droomwanneer die baie volke Jerusalem aanval,wanneer hulle van al die kantedie sterk mure van die stad aanval.

8. Maar dit sal sleg gaanmet hierdie baie volkewat die Sionsberg aanval.Dit sal met hulle gaan soos met ’n manwat honger en dors is:Hy droom dat hy eet,maar wanneer hy wakker word,dan is hy nog honger.Hy droom dat hy water drink,maar wanneer hy wakker word,dan is hy nog dors en swak.

Jesaja 29