4. Die plante op die aardesal droog word en verlep,die hemel sal droog wordsaam met die aarde.
5. Die mense in die landhet die land ontwy,want hulle het nie gedoenwat die Here wil hê nie.Hulle het die verbond gebreekwat vir altyd moes aanhou.
6. Daarom sal dit sleg gaanmet die mense in die land,die Here sal hulle straf.Daarom sal die mense in die landminder worden daar sal min mense oorbly.
7. Die wingerde sal droog worden daar sal nie wyn wees nie.Al die mense sal huil,die mense wat altyd vrolik wasnadat hulle wyn gedrink het.
8. Daar sal nie meer vrolike musiekvan tamboeryne en liere wees nie.Die mense wat feesgevier heten geraas het, sal stil wees.
9. Hulle sal nie meer wyn drinken sing nie,en die bier sal bitter smaak.
10. Die stad sal net ’n hoop klippe wees,daar sal nie mense woon nie,die huise sal tóé wees,niemand sal daar kan ingaan nie.
11. Op die strate sal die mense huilomdat daar nie wyn is nie.Niemand sal vrolik wees nie,niemand op die aardesal vrolik wees nie.
12. Alles in die stad sal verwoes wees,die poorte sal stukkend lê.