4. Mense van Sidon,julle weet nie wat om te doen nie,want die stad wat sterk mure het,die stad by die see,het gepraat en gesê:“Ek het nooit kinders gekry nie,ek het nie jongmans en dogtersgrootgemaak nie.”
5. Wanneer die Egiptenaars dit hoor,dan sal hulle skrikoor wat met Tirus gebeur het.Hulle sal sê:
6. “Julle wat langs die see woon,julle moet na Tarsis gaan,julle moet huil.
7. Is dit die stadwaar die mense vrolik was?Is dit die stadwat al so lank daar is?Is dit die stad van waar mense gegaan heten op ver plekke gaan woon het?
8. Wie het besluitdit moet met Tirus gebeur?Tirus het konings gekiesen aangestel om te regeer.Tirus se handelaars was prinse,hulle was die belangrikste menseop die aarde.”
9. Die Here wat oor alles regeer,Hý het dit besluit.Hy het besluitom hoogmoedige mense te straf,
10. om die belangrike mensevan die aarde te verneder.Mense van Tirus,julle moet nou in die grond werksoos die Egiptenaars,want daar is nie meer ’n hawevir julle skepe nie.
11. Wanneer die Here sy handuitsteek oor die see,dan bewe die konings en hulle mense.Die Here het gesêdie vyande moet die stede verwoesin die land van die Fenisiërs,die stede wat sterk mure het.
12. Die Here het gesê:“Sidon, jy sal nie meer vrolik weesen feesvier nie.Die vyande sal jou verwoes.Gaan na die Kittiërs toe.Maar jy sal ook nie daarkan rus nie.