22. Ek sal vir hom die sleutels gee van die paleis van die koning van die nageslag van Dawid. As hy iets oopsluit, dan sal niemand dit kan toesluit nie, en as hy iets toesluit, dan sal niemand dit kan oopsluit nie.
23. Hy sal soos ’n stok wees wat Ek op die regte plek in die muur inslaan, en sy familie sal baie trots wees op hom.
24. Maar sy hele familie sal wil hê dat hy moet sorg vir hulle almal, vir die kinders en vir die grootmense. Dit sal wees soos wanneer jy al die potte en panne ophang aan die stok.
25. Maar dan breek die stok, en alles wat daaraan gehang het, val op die grond.’ Dit het die Here gesê, die Here wat oor alles regeer.”