Jesaja 19:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die Egiptenaars weet niewat om te doen nie,die leiers weet nie,en die slawe weet ook nie.

16. Eendag sal die Egiptenaars so bang wees soos vroue. Hulle sal skrik en bewe wanneer die Here begin om hulle te straf, die Here wat oor alles regeer.

17. Die Egiptenaars sal bang wees vir die mense van Juda. Hulle sal skrik wanneer hulle hoor van die land Juda. Die Egiptenaars sal bang wees wanneer hulle hoor wat die Here met hulle wil doen, die Here wat oor alles regeer.

18. Daardie dag sal die mense van vyf stede in Egipte die taal praat van die mense in die land Kanaän, en wanneer hulle iets belowe, dan sal hulle die Naam van die Here noem, die Here wat oor alles regeer. Een van die stede se naam sal wees: Die-Stad-Wat-Verwoes-Is.

Jesaja 19