4. Die mense van die stede Gesbon en Elale roepen vra dat iemand hulle moet help,die mense van die stad Jahas hoor dit.Daarom bewe die soldate van Moab,hulle word moedeloos.
5. Ek is baie jammer vir die Moabiete,want hulle vlug tot by die stede Soar en Eglat-Selisija,hulle huil en gaan na die stad Lugit,hulle skree op die pad na die stad Goronajimomdat hulle land verwoes is.
6. Daar is nie meer water by die stad Nimrim nie,die gras het droog geword,daar is nie meer plante nie,niks is groen nie.
7. Daarom vat die Moabiete al hulle goeden dra dit oor die Populier-rivier.
8. Al die mense in Moab roepen vra dat iemand hulle moet help,ook die mense in die stede Eglajim en Beër-Elim.