Jesaja 15:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here is kwaad vir die Moabiete. Hy het gesê:“Die vyande het die stad Ar-Moabin een nag verwoes en afgebreek,hulle het ook die stad Kir-Moabin een nag verwoes en afgebreek.

2. Die mense van die stad Dibongaan na die tempels,hulle gaan na die offer-plekkeom te huil.Die Moabiete huil oor die stede Nebo en Medeba.Hulle het hulle hare en hulle baard afgeskeer,

3. hulle trek rouklere aan op die strate,hulle sit almal en huilop die dakke en op die oop plekke,hulle is baie hartseer,hulle wil sterf.

Jesaja 15