Jesaja 14:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Maar nou rus die hele aarde,daar is vrede,al die mense begin sing.

8. Koning van Babel,die sipresbome en die sederbomeop die Libanon-berg is ook blyomdat jy dood is,want nou kom niemandom hulle af te kap nie.

9. Die doderyk onder die aardebewe wanneer jy kom,die geeste van die leiers van die aardeword wakker.Die leiers wat gesterf het,die konings wat dood is,klim af van hulle trone.

10. Hulle praat almal, hulle sê:‘Jy het nou ook swak gewordsoos ons, jy is nou soos ons.

11. Jy het altyd mooi dinge gekryen jy het geluister na musiek van ’n harp,maar nou is jy dood,en die wurms vreet jou.

Jesaja 14