Jesaja 14:16-22 Bybel vir Almal (ABA)

16. Almal wat jou daar sien,sal nader kom en hulle sal kyk na jou.Hulle sal sê: ‘Is dit die manvir wie die mense in al die lande bang was?

17. Is dit die man wat die aardesoos ’n woestyn laat word het?Is dit die man wat die stedeafgebreek het en die mense weggevat heten hulle nie laat teruggaan hetna hulle huise nie?’

18. Al die konings van die volke is netjies begrawe,elkeen in sy graf,

19. maar die mense het jou nie begrawe nie.Hulle het jou weggegooisoos ’n vrot stuk hout.Jy lê tussen die dooie mensewat gesterf het in oorlog.Jy is soos ’n lyk waarop die mense trap.Ander dooie mense lê in grafte wat in rotse is,

20. maar jy is nie saam met hulle nie.Niemand het jou begrawe nie,want jy het jou land verwoesen jou mense doodgemaak.Niemand sal so ’n slegte man se naam onthou nie.

21. Julle moet ’n plek gereedmaakwaar julle sy seuns kan doodmaakoor alles wat hulle pa gedoen het.Die aarde sal nie aan hulle behoort nie,en hulle sal nie stede kan bouoral in die wêreld nie.”

22. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Ek sal oorlog maak teen die stad Babel,daar sal niemand oorbly nie,daar sal nie ’n nageslag wees nie.

Jesaja 14