14. Ek sal opklim tot bo die wolkeen ek sal word soos die Hoogste God self.
15. Maar nou gaan jy af na die doderyk,na die diepste plek in die doderyk.
16. Almal wat jou daar sien,sal nader kom en hulle sal kyk na jou.Hulle sal sê: ‘Is dit die manvir wie die mense in al die lande bang was?
17. Is dit die man wat die aardesoos ’n woestyn laat word het?Is dit die man wat die stedeafgebreek het en die mense weggevat heten hulle nie laat teruggaan hetna hulle huise nie?’
18. Al die konings van die volke is netjies begrawe,elkeen in sy graf,
19. maar die mense het jou nie begrawe nie.Hulle het jou weggegooisoos ’n vrot stuk hout.Jy lê tussen die dooie mensewat gesterf het in oorlog.Jy is soos ’n lyk waarop die mense trap.Ander dooie mense lê in grafte wat in rotse is,