Jesaja 14:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. Jy het gedink:Ek sal opklim tot in die hemelen ek sal my troon neersit bo die hoogste sterre,ek sal sit in die vergadering van die gode,daar ver in die noorde.

14. Ek sal opklim tot bo die wolkeen ek sal word soos die Hoogste God self.

15. Maar nou gaan jy af na die doderyk,na die diepste plek in die doderyk.

16. Almal wat jou daar sien,sal nader kom en hulle sal kyk na jou.Hulle sal sê: ‘Is dit die manvir wie die mense in al die lande bang was?

17. Is dit die man wat die aardesoos ’n woestyn laat word het?Is dit die man wat die stedeafgebreek het en die mense weggevat heten hulle nie laat teruggaan hetna hulle huise nie?’

18. Al die konings van die volke is netjies begrawe,elkeen in sy graf,

Jesaja 14