Jesaja 10:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaan met julle wat verkeerde wette maak,wette wat party mense verkeerd laat doenen ander mense swaar laat kry.

2. Julle doen nie reg aan die arm mense nie,julle doen nie reg aan die mensewat hulleself nie kan help nie,julle vat die weduwees en die weeskinders se goed.

Jesaja 10